Home   Alpabetical list of all authors   Artists   Gallery of paintings   3 Poems   Francois' page   The gentle brilliance of TO Honiball

Francois Verster's book reviews and other articles
Published in Die Bolander

Ydelheid van mense meer as dié van meerminne: fatale flater van 'n sakeman wat kaptein wou wees
Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766
(Co-author Piet Westra), Africana Uitgewers, 2012

Review of Kinderverseboek pdf

Rosie se boek, Zauberer Zettelwitz - Table Mountain Wizard
A children's and a first bird book in one

A singular voyage along a bilingual highway
Rosie Breuer is a woman on a mission. Always. And cheerful while doing so. This typical balance between purposeful pragmatism and colourful creativity, this is the essence of Rosie: she is not a Rosie is a Rosie is a Rosie; she is one of a kind. And this is what Zauberer Zettelwitz, Table Mountain wizard is as well.
Rosie is well known in the Stellenbosch community for her website for authors with a Stellenbosch connection and her magnificent home, Landmark House.
Now she has established her own publishing house as well, Rosie Breuer Books. This book about the mischievous wizard is the first of the line. The idea for the book was conceived when Rosie, her husband Hans and two of their children lived on a yacht (1971 - 1976). Rosie used the essential ingredients of the book to home teach little Klaus and Hannes, namely association by image, sound and the rhythm of rhyme all children enjoy. She incorporated concepts that were known to her and her family to create a milieu with which they can readily identify. And it worked - the two Breuer boys took to this method like ducks to water. Hans insisted that Rosie compose a proper book to share her successful techniques with more people and so "Zauberer Zettelwitz" was born. This book boasts 57 exquisite bird studies by Jill Adams to augment the combination of fiction and teaching tools - with one more dimension on offer, namely that the text is in German and English, presented in an unobtrusive way: German on the left hand pages and English on the right: 60 pages to enjoy "in stereo"!
After all, being exposed to a new language cannot hurt - some say every language is the gateway to a new world. Special mention should be made of the technical quality of the book (Digi4Print) and the cover photo by Awie Badenhorst, well-known for his photographs of birds.
Obviously the wacky wizard is the main character, with an array of others mainly in cameo roles, recruited from the Breuer family circle. Animals, flowers and many, many birds adorn these pages, but it is the host of new words that is meant to stay with the reader - Rosie is of the opinion that children love to learn new words. I agree that one should not underestimate the curiosity and intelligence of young minds, but since "Zauberer Zettelwitz" does not target a specific age group, the potential success of this learning experience will depend on the specific (hopefully creative, like our moms and dads did for us!) input of adults in the case of smaller children. And in the day and age we live in this is a good thing: here parents have the opportunity to share quality time with "the kids", rather than palming them off to the Magic Box, appeased with a diet of DVD's (the TV) and popcorn (Johnny and Jen).
Many parents buy educational toys and computer games to set their offspring on the road to success. And it is necessary for learners to learn to do math, to spell and to reason, but it is my contention that without something more important, namely the ability to imagine (read: creativity) is lost. Moreover, over the centuries fairy tales have brought something else to the table: the core values no human being, and no community, can do without. The moral of this story is that love triumphs - that if everyone has something good inside, a catalyst is needed to stimulate or nurture this potential. And so even the wizard Zettelwitz met his match.
Rosie, an illustrator herself, created 77 of the illustrations for the book and utilised her computer skills to further add to the menu - see on www.stellenboschwriters.com/Zettelwitz/order.com.
The first 120 copies of the book are numbered and signed by the author. ISBN: 978-8-9869878-0-9. On order from the author, with a 10% discount for members of Birdlife Stellenbosch (www.Stellenboschbirds.com).
November 2010

An idiot's guide to a Guide - Download the .doc file
The complete idiot's guide to critical reading by May and Regina Wall, Alpha Books, 2005

Die Bike-Boek
(Tobie Wiese (Compiler), Kerneels Breytenbach; Dana Snyman; Deon Meyer et al), Tafelberg, 2008

Bolander resensie
Die Bike boek. Samesteller: Tobie Wiese, Tafelberg, ISBN 978 0 624 04737 7, R165.

Die bekendstelling was op 19 Augustus by 'n imposante BMW-verkoopslokaal net buite Stellenbosch gehou en te oordeel aan die voorkoms van die aanwesiges, is die beskrywing van die klas bikers waaroor die boek gaan nie die rowwe bendes van 'n paar dekades gelede nie - meestal aan die anderkant van 40, gesofistikeerde en vooraanstaande mense, insluitende die skrywers. Deon Meyer is waarskynlik die bekendste, met Dana Snyman en Jaco Kirsten 'n kortkoppie agter hom, maar almal is bekendes in hul uiteenlopende kringe - chirurge, motorfietslegendes, skrywers ... die gemeenskaplike faktor natuurlik: motorfietse. En ook daaroor is daar verskillende menings, want jou Harley-aanhanger is nie juis dieselfde soort biker as jou BMW-bewonderaar nie, met die res van die spektrum tussenin. Maar die beste ding aangaande hierdie boek is die kwaliteit van die stories. Jy hoef nie mal te wees oor die poetoepap-poetoepap van 'n Harley (soos Snyman dit beskryf) of die blykbaar sonderlinge vibrasie (aldus Kerneels Breytenbach) daarvan te ken om hierdie stories (en twee gedigte en een onderhoud) te waardeer nie. Daarvan kan ek getuig - in my 47 jaar op hierdie planeet het ek eenmaal agterop 'n quad gesit en dit was die naaste aan motorfietsry wat ek gekom het. Ek is een van daai mense wat van Harleys droom (jammer mnr. Meyer) - die spoed en petrolverbruik is irrelevant; dis die vryheid wat saak maak. Ek erken ruiterlik: ek wens ek kon dit bekostig om 'n Softail te bestyg met 'n kadotjie-helm op en zef leerklere aan, en die ooptes te deurklief - al kan die wind glo jou oë so laat uitdroog dat die paramedics jou moet dokter! Dagdromers soos ek kan hierdie boek net soveel geniet as die mense wat weet waaroor dit gaan as hulle lees hoe die name van die fietse afgelys word en elkeen se verdienstelikhede uitgelê word. Mens verstaan sommer beter hoekom mense hulle lewens waag om deur verkeer te vleg, al is jy ook een van diegene wat hulle jaloers agterna gluur terwyl jy weet jy gaan eers oor 'n uur by die huis kom. Jy verstaan eensklaps hoe iemand wat soos 'n mummie lyk met bene in die lug in 'n hospitaalbed wonder hoe sy Kawasaki nóú lyk, siende dat hy eers in daai einste bed sy bewussyn herwin het. En die mentaliteit van die mense by rallys - die kaal en die drank kan ek verstaan, maar daarvoor het mens mos nie motorfietse nodig nie - of blykbaar tóg ... 'n motorfiets kan meer as 'n prop wees - dis ook 'n afrodisiakum, beweer Kerneels. Behalwe vir die bedrewe vertelkuns van die gemotoriseerde menagerie wie se vertellings - sommiges harde feite, ander meer fantasie - in hierdie boek vervat is, kry mens dus insig vanuit die besondere perspektief van motorfietsryers. Miskien raak ek ook nou benoud oor die naderende oudag, maar ek verstaan nou, uiteindelik, waaroor dit gaan. En hoekom die fliek Easy rider méér as 'n kultusfliek geword het.

***
up

Bolander Resensie
Stories van gister is soos stoofpatats in die winter

Dit is my, en Bolander se wens om plaaslike kunstenaars (dus ook skrywers) te ondersteun en daarom beveel ek graag die werk van skrywers soos Dr Japie Coetzee aan. Boekliefhebbers kan gerus ook meer oor hom en ander skrywers van ons streek oplees op Rosie Breuer se www.StellenboschWriters.com of selfs op die internet. Maar eers net 'n woordjie vooraf oor skryf en skrywers. Eerstens is dit nie net roem en kolligte nie; dis harde, eensame werk. Die geld is min en die kritiek is baie. Daarom dat Voltaire gesê het dat skrywers minagting moet verwag as hulle faal en haat as hulle sukses behaal. En mens wonder hoekom. Dis so onnodig. Nietemin, my en Dr Coetzee se paaie het vlugtig gekruis toe ek my onderwysdiploma op Stellenbosch verwerf het, ruim twee dekades gelede. Nooit het ek gedink hierdie kalm, aangename mens is ook 'n kranige skrywer nie - ek moes hom gaan "google" om uit tevind dat hy al dosyne boeke geskryf het oor talle onderwerp (godsdiens, literatuur, onderwys, geskiedenis, fiksie) en, beskeie soos hy is, was hy onbewus daarvan dat sy naam in die kuberruim rondsweef. Na 'n lekker gesels in sy huis, met beide ons gades deel van die geselskap, stop hy my vier van sy boeke in die hand: drie oor geskiedenis en een, "Ek en die Bybel" (2004) oor godsdiens. Oor die eerste drie wil ek kommentaar lewer - daar's genoeg mense wat my wil slaan; so ek bly liefs weg van godsdiens en hou my (dié slag) by my nering.
Hierdie drie boeke, "Juweelverhale uit die Ou Kaap," "Aangrypende verhale van gister" en die nuutste, "Opwindende ware vertellings" is meestal versamelings van anekdotes - stories wat, aldus die skrywer, nie verlore moet gaan nie en wat substansie het, anders as ander wat mens daagliks hoor en terstond vergeet. Ek het die stories van die Ou Kaap meeste geniet en is bly hierdie boek is ook in Engels beskikbaar, as "a Treasury of stories from the Early Cape" - daar is baie Engelstaliges in die Boland wat ons geskiedenis aangrypend vind; so het die briefwisseling in Bolander bewys.
Daar is nog skrywers soos Dr Coetzee in ons midde wat streef daarna om stories, gebruike, lewenstyle, norme en ervarings oor te dra en "die ure insit" wetende dat daar min gewin, finansieel en andersins, hieruit sal vloei en nogtans, dikwels op eie onkoste, sulke juweeltjies skep.
Dr Coetzee skryf "lekker" - die leser kan voel dat die skrywer geniet wat hy gedoen het en dis met genot wat die leser hierdie pennevrug inneem;'n soort positiewe energie wat oorgedra word en wyer uitkring elke keer as iemand een van hierdie boeke oopslaan en begin lees. Hoe kan ek dan anders as om dit aan te beveel? Ek kan nie waarborg dat elkeen met my sal saamstem nie, maar as jy belangstel in lees, mense en ons land, sal jy genoeg hieruit kry om die boeke self te wil besit of die inoud daarvan aan die jonger geslag bekend te stel.

Genoemde boeke is beskikbaar by die volgende adres:
Dr Japie Coetzee
Lovell Laan 60
Die Boord
Stellenbosch
(082 336 7259)

***up

Marianna Brandt; Tanja Joubert, Diva Veronica, Protea Boekhuis

Diva Veronica is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Dit is die vyfde boek deur die welbekende span bestaande uit skrywer Marianna Brandt en illustreerder Tanja Joubert. Traag en beslis nie vroeg nie, is ek dié oggend uit die vere, in afwagting van nóg 'n triestige Kaapse wintersdag. Maar ... wat 'n genot was dit nie om die Eikestad in sonneglorie binne te ry nie! Die son het sommer lekker dikdeis-op-'n-klip geskyn en die ligte verkeersvloei (selfs 'n parkeerplek naby die boekwinkel) was soos 'n vars bries. In die koel winkel was dit knus vanweë die gulhartige atmosfeer.
Daar was hierdie keer nie die gewone gespreksleier nie, want daar was nie die gewone gesprek nie - daar was wel 'n vertelling oor die boek deur Marianna en 'n eenvrou-/eenhoenderpoppespel deur Tanja, soos hulle dit dikwels doen, insluitende 'n singalong met Tanja/Veronica en 'n pragtige lied wat die veelsydige Juffrou T self geskryf het. Die gehoor, Louis Esterhuizen inkluis, wou dadelik weet of hulle die CD kan koop! Marianna het op haar beurt verduidelik dat, soos dit die geval was met hulle vorige werk, is hierdie verhaal ook gebaseer op ware karakters en insidente. Daar wás voorwaar 'n hen genaamd Veronica wat by die Baxter teater opgetree het. So ook is die ander karakters gehaal uit ware vertellings oor hoenders wat Marianna oor tien jaar versamel het.
Tanja het groot prente, die oorspronklikes vir die boekuitleg geteken, omhoog gehou dat die kinders kan sien hoe elkeen lyk: Parsons die laventelhaan, Cornelia die ou hel-pen-hen, Pikkeling wat hoenderkop was oor sy identiteit, Herman, die haan onder die henne en sommer etlike ander; almal voëls van verskillende vere wat jy beslis nie oor dieselfde kam kan skeer nie. Van Vygiefontein, Grosvenor Huis (Stellenbosch), selfs vanaf 'n spieëlkas in 'n boer se huis kom die karakters kô-kô-kokkende eventueel byeen om te deel in die swier van Spier, die groter verhoog vir veral Veronica, die ware diva van dié onware weergawe van die werklikheid kan mens maar sê; want dis wat stories mos is: 'n verdraaiing van die geskiedenis, om te sê "wat ás ..?" Marianna en Tanja het al diep gedelf in ons geskiedenis, van Van Riebeeck af, en soos Liewe Heksie sou sê, "selfs al op die maan!" met hulle muisstories. Stories met pit - en menslikheid - al is die karakters nie almal mense nie.
Hierdie storie het alles wat mens in die vorige vier boeke gekry het, dig verweef in 'n gemaklike balans. Die storielyn is duidelik deeglik beplan en keurig uitgelê, met teks en illustrasie in een pragtige, vloeiende harmonie. Soos 'n mieliestronk wat met beide mensekind en kiepie aan kan smul, sonder dat daar 'n pikorde hoef te wees; weereens só is die sinergie tussen woord en beeld: netjies afgerond. Die uitgewers kan ook trots voel dat hulle bygedra het tot dié pragstuk - glanspapier, stewige binding, gloeiende kleurwerk waarmee die skeppers van die boek net so tevrede kan voel as die kopers daarvan.
Brandt se lewendige vertelstyl maak dié boek leesbaar vir oud en jonk - sy meld ook by die bekendstelling dat daar dieper betekenisse uitbroei (selfs vrottes soos politiek) wat volwassenes sal begryp en waardeer. Die illustrasies is in een woord aangrypend - elke leser sal haar/sy gunstelinge hê, maar ek hou veral van die reeks prente wat vir Pikkeling uitbeeld waar hy met sy enigste vriend kommunikeer. Lees die boek en sien self wie dit is!
Diva Veronica word uitgee deur Human & Rousseau teen die uiters billike prys van R120, 00. Die ISBN nommer is 10:0-781-5050-5 en is beskikbaar van Stellenbosch tot Vygiefontein.

***
up

Riana Scheepers Katvoet (Kortverhale), Tafelberg, 2009

Katvoet by die Bôrdienghuis: Scheepers en Coetzee

Riana Scheepers se kortverhaalbundel Katvoet is in die Bôrdienghuis (Breytenbachsentrum Wellington), bekendgestel. Sy was besonder bedrywig die afgelope tyd - o.a. slypskole (in Frankryk), boekbekendstellings (Die Nuwe Kinderverseboek) en hierdie bundel. Die vraesteller wat saam met haar op groen stoele voor 'n groen banier oor hierdie boek met sy groen omslag gesit het, was die deurwinterde literator Ampie Coetzee. Human & Rousseau se Etienne Bloemhof en Loftus Marais was ook teenwoordig, maar het teruggestaan dat Coetzee en Scheepers hulle ding kan doen. En hulle hét: die klassieke ontleder-skepper diskoers is soos 'n serebrale dans vir die gehoor aangebied. Die dansers voel-voel mekaar eers en voer die passies omsigtig uit - pure katvoet. Coetzee verduidelik aan die gehoor dat Van Wyk Louw hom geleer het dat jy nie die skrywer agter die boek moet gaan soek nie. Tradisioneel werk literêre kritiek nie so nie. Maar, voeg hy vinnig by, deesdae is dinge anders. Die moderne skrywer is ook "daar" - ín die teks, of eerder sy is óók teks. En toe kom die openingskuif; 'n visierinsteller voordat die werklike engagement plaasvind. Hy vra haar wat het sy gedoen nadat sy die boek geskryf het. Haar antwoord kom rats: "Baie, baie dinge." Sy brei uit oor haar tevredenheid met die voorblad, oor familiegeskiedenis. Coetzee, geamuseerd, onverstoorbaar, merk op dat sy die vraag ontduik het. En mens wonder wat hy wou hê sy moes sê - iets soos "Ek het in 'n diep, donker gat gesit en wag vir lig en inspirasie?" Daardie Stilte ná die Boek waarvan Etienne van Heerden gepraat het? Hy probeer 'n ander skuif en vra of die boek outobiografies is - hy soek dus wel die skrywer agter die boek. Miskien omdat hy weet Scheepers het post-modernisme bespreek in haar doktorale proefskrif? Hy verwág om haar in die teks te vind. Maar sy moet dit self erken; dis wat hy wil hê, want die leser, ook 'n ingeligte een soos hy, weet nooit met absolute sekerheid nie. Die gehoor sit vasgenael en die gesamentlik fokus op die gespreksgenote/danspaar is voelbaar skerp. Scheepers kruis haar bene, tegelyk 'n sensuele beweging en 'n verdedigende gebaar. Sy leun vorentoe en herwin haar balans. Haar donker oë gloei. Sy glimlag effe. Mens dink aan katjies en handskoene. Die antwoord kom: sy maak heelwat gebruik van outobiografiese gegewens, maar meedoenloos, slu, sê sy, en mens sien haar onmiskenbaar in die teks: 'n kat. Dié Kat. Sy erken dat sy gegewens manipuleer, maar nie noodwendig soos die leser mag dink nie - gegewens wat haar ná aan die hart lê distansieer sy omdat dit juis te sensitief is, terwyl sy oor minder persoonlike dinge in die eerste persoon skryf. Dit herinner mens aan die vlies oor die kat se oog wanneer die dier pyn ervaar. Dit mag lyk of sy slaap, maar die skyn bedrieg. Coetzee gee 'n sywaartse stappie deur erkenning te gee aan die skrywer se vermoë om met 'n skerp oog, 'n núwe oog te kyk. Tog, voeg hy by, is alles beperk wat skrywers sê - hulle is nie alomteenwoordig soos hulle voorgee in die derdepersoon nie. Scheepers knik net en praat dan van wat haar fassineer, soos katte; die Primordiale as tema in die boek, wat die verhale saambind. Sy sê dat kortverhale soos gedigte gelees moet word, dat dit ook so dig verweef is. Sy noem dat naaktheid en water wat vir haar saamgaan, in die stories voorkom, terwyl water as antitese van die kat gesien kan word. Sy beweeg dan na Ruimte as epiese element in die boek, dalk 'n slim skuif, want Coetzee het sy proefskrif oor plaasruimtes gedoen. Scheepers lei dus Coetzee weg van wat hy dalk nóg in sy arsenaal mag hê, speel vir tyd, want hierdie gesprek moet ook eindig - te kort vir die gehoor, maar dalk beter vir haar. Sy beweer dat sy haarself ruimtelik moet kan plaas om te kan skep. Om te skryf, plaas sy haarself binne 'n sekere werklike ruimte, soos haar man Johan se spogplaas De Compagnie buite Wellington. Coetzee neem blykbaar die aas en verklaar dat natuur belangrik is vir Scheepers; dat dit meer is as agtergrondbekleding (milieu), dat haar beskrywings, die woorde self, die leser aantrek. En dan, skielik, kom sy Skoppensboer op die tafel: hy sê dat Scheepers soms die slotte van die stories oordoen het deur te veel te verklaar aan die leser en sodoende subtiliteit versaak. Hy haal (weer) Van Wyk Louw aan deur te beweer dat slotreëls soms meer sleutels is as slotte. Een verhaal se einde kan 'n sleutel tot 'n volgende verhaal wees, en ook, soos Scheepers tereg byvoeg, terugverwysing vra - die leser moet wil teruggaan in die verhaal om te sien watter sleutels hy/sy dalk gemis het. Sy herhaal dat mens gedigte soos kortverhale moet lees. En gee toe dat sy weer na die slotreëls kan kyk, soos dié van Die man in die tuin, die verhaal in die boek wat na Jesus verwys. Coetzee het nou momentum en hy wys daarop dat sy in die boek beweer dat sy haar skaam vir die doodgewoonheid van haar, van óns lewe - in teenstelling met dié van haar sogenaamde waansinnige voorouers. Ironies, sê Coetzee, eintlik onwaar. Soos 'n tipiese akademikus staaf sy stelling met aanhalings uit Scheepers se CV; oor haar veelvuldige ongewone ondernemings, waaronder die restourasie van 'n spookhuis tel. Uiteindelik, nadat die bedankings gedoen is en handtekenings in inkvars eksemplare gemaak is, voel mens tog dat Coetzee, gedugte ou jaghond wat hy is, weinig kans gestaan het teen 'n dier wat nege lewens het. Hy het self gesê dat hy uitsien na die volgende boek. Inderdaad, want die kat kom weer - altyd. Met die klank van musiek wat aan ons onbekend is stap ons uit die atmosferiese geboutjie en groet die uitvoerende bestuurder van die sentrum, Theo Kleynhans, wat wel aan ons bekend is. Mag hy en sy span nog baie sulke geleenthede aanbied.
Bolander, 23/9/2009

***
up

Tobie Wiese; Ricky Goedeman, Die Verhaal Van Elandskloof, Protea Boekhuis

Die verhaal van Elandskloof te boek gestel

Asof aansluitend by die artikels wat in Bolander verskyn aangaande sendinggeskiedenis het 'n boek verskyn wat die belangstelling in hierdie verband prikkel. Dit handel oor Elandskloof; eens 'n ongerepte stuk aarde, toe 'n plaas wat ontruk is aan diegene wat lank, lank gelede reeds daar was. En dit mag so klink, maar 'n sprokie was dit nooit.
Elandskloof beslaan sowat 3 000 hektaar in die Cederberge naby Citrusdal. Dié grond is vir ongeveer honderd jaar (1862 tot 1962) reeds die tuiste van 'n paar geslagte mense - die nasate van die oorspronklike bewoners met die koms van die Europeërs met hulle vuurwapens en Bybels.
Die aanvanklike stuk grond is deur die NG Kerk aangekoop vir die oprigting van 'n sendingstasie en is mettertyd vergroot danksy 'n grondskenking deur die staat - op voorwaarde dat dit net vir sendingdoeleindes gebruik sal word. Gevolglik is 'n paar duisend mense hier gekersten, geskool en toegelaat om op beperkte skaal te boer.
Hulle geografiese afsondering het hulle helaas nie geïsoleer teen politieke strominge en sentimente in die breër gemeenskap - en in die breër kerkverband nie. Die gemeenskap van Pniël, soos in vorige artikels in Bolander beskryf is, het dus veel beter gevaar in hierdie verband. Die Elandsklowers se grond is wederregtelik verkoop en die voorheen ingesetenes is verstrooi. Ná 'n stryd van meer as dertig jaar kon die Elandsklowers egter in 1996 terugkeer na die plaas - hierdie keer as eienaars en heel eerste begunstigdes van grondhervorming in die nuwe Suid-Afrika.
Die Verhaal van Elandskloof vertel van hierdie mense aan die hand van honderde geskrifte, briewe, notules en onderhoude met alle betrokkenes. Dit dek die vroeë geskiedenis van die lewe op die sendingstasie, maar ook die kontemporêre tydperk van grondhervorming - en die uitdagings wat daarmee saamgaan.
Soos die uitgewer, Protea, dit stel, is die boek wesenlik 'n biografie van 'n gemeenskap en bied dit 'n insiggewende blik op 'n beslissende tydperk in die land én die Kerk se geskiedenis.
Prof. Albert Grundlingh van die Universiteit van Stellenbosch beskryf die boek as "'n oorspronklike werk (...) in die huidige tydsgewrig wat onder meer gekenmerk word deur worstelinge met die nalatenskap van apartheid, [en] behoort tot 'n breë leserskring te spreek."
Dít dan as agtergrond. Op 26 September het die skrywer, Tobie Wiese en Prof HC (Jatti) Bredekamp van IZIKO- en Robbeneiland-faam die boek bespreek in Protea Boekwinkel te Stellenbosch. Wiese is 'n oud-joernalis en nie 'n historikus nie, maar met sy navorsing - soos die stewige bronnelys bewys, kan nie fout gevind word nie. Daarom is Bredekamp, wel 'n oud-historikus, heel ingenome met die eindproduk: Hy wys op onder meer Wiese se grawewerk in die Kerkargief, asook op die mondelinge getuienis wat Ricky Goedeman onder die Elandsklowers versamel het. Laasgenoemde wat soos Bredekamp sy navorsingstande by die Universiteit van Wes-Kaapland geslyp het, het met 'n bandopnemer by die gemeenskap gaan woon en sy bydrae verdien lof. As sulks is die boek beter afgerond, want slegs geskrewe bronne sou 'n wesenlike ontkenning van die gemeenskapsperspektief beteken. Die klankbande word bewaar by die Centre for Humanities, UWK.
Bredekamp het juis die eerste grensoorlog waarna ons geskrewe geskiedenis verwys, genoem - tussen die Khoi-Khoi en VOC-amptenare 350 jaar gelede en mens kan dit wat by Elandskloof gebeur het as 'n ekstensie van daardie konflik beskou. Bredekamp voel dat Wiese as joernalis bronneverwysings op 'n vernuwende wyse aanwend, die kerk en gemeenskap op 'n inklusiewe manier laat figureer, en die foto's in die boek treffend deel maak van die narratief. Die voorblad dien as voorbeeld: geen gesig word gewys nie; 'n individu word nie geïdentifiseer nie - net 'n mens wat deel is van dié aarde.

"Lewe - en dit in oorvloed - is hoe die Elandsklowers hulle dit voorgestel het; nie agteruitgang en onenigheid en voortgesette armoede nie," word aangehaal uit bladsy 249. En op bladsy 15: "Dis 'n feestelike optog. (...) nog 'n groep het - ter wille van almal - die geloof behou, die goeie stryd gestry, die oorwinning behaal." Die skrywer gebruik hier 'n interessante tegniek, wat slegs in konteks verstaan sal word. Maar daarvoor moet mens die boek lees.
Die boek is aan te beveel vir enigeen wat belangstel in 'n breër perspektief van ons sendinggeskiedenis. Maar dis nie bloot kroniekskrywing nie; dit gaan oor die tragiek van botsende kulture, en die skynbaar onafwendbare resultaat: die Struggle duur voort.

***
up

Bun Booyens (editor), Sonbrand En Braaiboud, Tafelberg, 2009

'n Verslag oor 'n boekbekendstelling: uitspan by die Book Lounge

In Engels praat hulle van lounge lizards, maar ek dink nie 'n boekliefhebber kan soos 'n akkedis rondlê as hy/sy in dáárdie winkel beland nie - daar is net te veel om te sien en te bevoel. En al klink "bibliofiel" na iets suggestief is dit eerder dan 'n geval van 'n kid in a candy store, maar darem ook nie 'n bull in a china shop nie - daar is genoeg beweegruimte, behalwe gedurende boekbekendstellings. Dis mos die een ongelukkige ding van sulke geleenthede: boekwinkels is net nie bedoel vir skares nie, al sou die eienaars dit ook so wou hê - kopers is immers broodnodig in hierdie kompeterende mark. En boeke is nie goedkoop nie al wil boekwurms net altyd nog een en nog een hê!
Ek en vroutjie soek eers na 'n parkeerplek in die woelende Roelandstraat en eindig so ver van die winkel af dat as dit 'n woestyn was, sou die Lounge seker 'n lugspieëling wees. Want ja, die plek is nogal 'n oase - die oomblik as jy instap en al daai boeke sien, is jy in 'n verkwikkende ander wêreld en jy wil die boeke soos kokosneute pluk. Of is dit dadels? In elk geval, dis waaraan ek dink as ek aan my begroting dink: dadels. Maar dan sien ons vir Bun Booyens, WEG se redakteur, en ons skeur ons weg van die boekrakke en volg sy spoor af met die trap na die kelder waar die ware skatte blykbaar is. Daar onder gaan dit jolig; mense probeer dapper om te meng, en slaag darem daarin om letterlik skouers te skuur met 'n paar bekende name van die WEG-span. Sommige is nou vryskut, soos Jaco Kirtsten van Wit plafon-faam, onmiskenbaar in swart leerbaadjie en gejelde kuif, en doer steek Dana Snyman se blink kant ook bo uit - jel sal 'n vleiskuif soos syne inderdaad net meer laat blink, maar nie laat groei nie. En as dit sou, sou hy 'n imposante hoof soos bosbaardman Ens Grundlingh ontwikkel, wat proporsies net verder uitgooi en dan lyk hulle albei nóg ronder teen Bun en Toast Coetzer soos hulle eventueel op die kroegstoeltjie uitgeparadeer sit daar voor die gretige groep wat eers hulle dors na wyn geslaak het en nou die manne se humor wil beproef; die pitkossies wat hulle goedig en gemaklik uitstrooi asof dit egalig uit een van daai pikant-langwerpige voëltjievoerbak-aparate vloei. Iemand merk op dat hulle nogal soos vyf byevangers lyk soos hulle daar op 'n ry sit met die koordlose mikrofoon wat heen en weer aangegee word terwyl Erns luimige vrae vra.
Meeste vrae het gegaan oor die gewone: soos waar kry julle inspirasie, maar dis aan 'n ongewone groep mense gestel en die antwoorde was dus beide gewoon en ook nie - een ou doen dit so en die ander een sus. Dana beweer hy begin gewoonlik ná die spertyd, wat almal snaaks vind, juis omdat dit voorkom asof hy dan so maklik (en, neem mens aan, vinnig) skryf. Bun sê Dana kan iets interessants skryf oor die mees gewone gebeurtenis, soos oor die pad stap. En dan voeg hy by: "Want Dana stap so stadig." Bun lees gedeeltes voor uit elkeen se werk en mens hoor dadelik dat, unieke persoonlikhede ter syde, hulle goed saamspan (amper sê ek "jel") omdat daar ook ooreenkomste in hulle manier van werk is: hulle reis baie, soek na ongewone maniere om (meestal gewone) dinge te beskryf, herinner die lesers aan hul eie herinneringe (ja, nostalgie speel 'n rol, al wens mens nie noodwendig al die gisters terug nie) en daar is die humor, altyd die humor. Bun beweer dis veral die tussen-die-lyne-aspek van WEG se skryfsels wat daarvan pêrels maak in stede van semels. En WEG se lesers is nie ignoramusse of varke nie - dis juis wat hierdie gewilde tydskrif na vyf jaar steeds horisonne laat verbreed; hetsy jy self die vier maal vier ry en of jy dink dit is bloot die somtotaal van alles wat jy graag sou wóú doen, daar waar jy op jou sofa in die son sit.
Om te illustreer wat hy bedoel lees Bun 'n stuk uit Toast se werk waar laasgenoemde 'n rotspilaar beskryf. Toast se wenresep is om beelde opmekaar te stapel en dan aan die einde van soms lang sinne (ek ken nog iemand wat dié swakheid koester) smokkel hy iets kontrasterend in - mens sou kon sê hy jukstaposisioneer begrippe soos Roald Dahl altoos sy kinkels aan die einde van 'n storie laat val het, tieng! en terselfdertyd drop die pennie aan die leser se kant ook. Die trefreël van Toast se skets was dat die dun rotstorinkie miskien deur vyf bobbejane omgestoot kan word, sou mens hulle daartoe kon omkoop met 'n paar turksvye. Mmm, ja, ek weet, ek is nie Toast nie. Jy moes daar wees om te verstaan. Maar terug na die skryftegniek: dit herinner mens aan 'n hoendersosatie met 'n uitjie aan die punt; eers 'n aantal gelykmatige knoetse en dan die piece de resistance. Hierdie manne kan werklik skryf en veral béskryf. Daarom kan jy maar agteroorsit en saam met hulle op verbeelde vlugte reis - al is hulle deel van die bargain nie verbeeld nie. Hulle beweer almal dat hulle net die waarheid praat en mens glo hulle, al kom die stelling met 'n grynslag, soos Jaco maak as hy vertel van studentekaskenades en die dinge wat ongesê gelaat is - jy verbeel jou jy weet waarvan hy praat, al is dit oor jou eie herinneringe wat jy lag.
Eintlik is dit ironies dat iemand soos Dana wat as die koning van nostalgie beskryf is, nie regtig daarop fokus nie - dit kom sommer net. Bun sê die brieklose rubrieke wat hierdie knape skryf, asook dié van ander (mede)werkers werk so goed, dat hy nie 'n remskoen wil wees nie - en mens moet hom dus krediet gee dat hy sodoende verseker dat daar 'n eiesoortige variant van die reisbeskrywing-genre ontwikkel het. 'n Redakteur moet weet wanneer om in te trek en wanneer om die teuels te laat skiet. Dit het beslis bygedra tot WEG se sukses, tot die bekendheid van sy skrywers en dat daar 'n mark is vir boeke soos Sonbrand en Braaiboud.
Uit 'n meer persoonlike perpektief is dit interessant om te hoor dat Bun se vader, die geliefde, onvergeetlike Oom Bun die Kultuurman ook al 'n medewerker was en Bun Senior se invloed is duidelik: die verkenning van nuwe plekke en die opteken van die verlede is intrinsiek deel van Bun Booyens die Redakteur én van die tydskrif WEG. Ook die humor wat altyd saamreis. Verander jy daaraan, is dit soos om 'n Volksie se enjin vorentoe te skuif - en 'n Jetta is maar nie 'n Beatle nie. Die nuwe boek wat volg op Waar die leeus Afrikaans verstaan (2006) is dan die tweede raakvatting van die karakter van WEG en beloof om groot aftrek te kry indien die entoesiasme van die gehoor by The Book Lounge 'n aanduiding is.
Ek betrag die battery rubriekskrywers soos hulle daar sit en skerts - hulle is onteenseglik 'n belangrike onderdeel van die gladlopende masjien wat WEG is - en ek meen dis eerder op olyfekstrak as fossiele s'n wat hulle, ag ek meen die tydskrif, geolie is, want hierdie manne is lief vir die natuur. Hulle sê die era van papierjoernalistiek is haas verby, maar ek glo dit sal hulle nie te veel pla nie: net nog 'n nuwe uitdaging wat 'n loslittige avontuur sal word. Eersdaags lees ons hulle stories via elektroniese apparatuur. En dan hoef die laaste verdwaalde hippies nie meer die bome te hug nie. Ennie bojane kan hulle eie turksvye pluk.
Ek en vroutjie het spesifiek gegaan om dié skeppende mense se kwinkslae te gaan geniet, en hét ook, maar nou met sonsopkoms van die volgende dag, wil ek my werk klaarkry, want ek brand om in hulle skryfkuns te gaan baai.
Naskrif: 'n Effens langer weergawe van hierdie verslag het in die Kaapse Bibliotekaris van Julie/Augustus 2009 verskyn.

***
up

C. Louis Leipoldt, Songs of the veld (compiled by Marthinus van Bart), Cederberg Publishers, Kenilworth, SA
ISBN 978-0-620-39432-1
R 250, 00 (hardcover)

Back in September 2007 I noticed an advertisement for a book titled "Songs of the veld." Another reprint of wartime poems, I thought and turned the page. Two years as a conscript did nothing to endear me to army life or the concept of organized mass murder in general, so lyrical descriptions of glory and rallying to the flag, moth-eaten or otherwise, does not do it for me. That was it. Until last week: I heard Marthinus van Bart will give a lecture at the Koopmans de Wet Huis in Strand Street, Cape Town. The subject was this very same book.
Having met Van Bart at cultural events, I was interested in his connection to a collection of poetry that was banned in this country just over a century ago. I sweated up Table Mountain's foothill, overshot the location and arrived late. The doorman indicated, vaguely, upstairs. I trudged up the creaking stairs, peeked over the railing and not wanting to disturb the gathering any further, stayed there. Van Bart was using Powerpoint to, by way of speaking, make his point - some of the same images used in the introduction of the book, which was also his contribution to the new edition. And there I stood for the next two hours, shifting my weight from one leg to the other, producing loud groans from the ancient staircase. But I hung on grimly, because the speaker, as always, managed to captivate his audience - nobody I know knows the story of the Cape Rebels during the (as it is now known) South African War better and nobody better could be chosen to convey the tragic tale of suffering in the name of territorial and economic gluttony (i.e. colonialism) than this veteran journalist. He told the small gathering of saddening atrocities, intolerance, moral bankruptcy, and most of all of heroism - of the almost secret battle fought by mostly women, some from the Cape Colony; Marie Koopmans de Wet, famous - even feared - owner of the house (if it could only talk!) where we were gathered, Olive Schreiner, Emily Hobhouse and several others, some who will remain unknown for ever. So, what has all this got to do with the smallish book which lies quietly, but compelling in my hand as I sit here attempting to persuade you to reflect upon an event that could play a decisive role in strengthening ties between two cultural groups that have been at each other's throats since the First British Occupation of the Cape in 1795? Well, that is exactly what this book is about: telling people about what sacrifices English speaking people like Schreiner and Hobhouse and even Rudyard Kipling had made to, among other things inform the world about concentration camps were more than 30 000 non-combatants died - black and white alike.
To tell more will spoil it for the reader, who should make this journey alone, before passing on the message: we are not all like that. When Kipling's aunt bravely stood against the wrath of her neighbours, it was the Nobel Prize winner himself who saved her with what he knew best: putting reason into words, with persuasive grace. This book is a collection of poems written by intellectuals (including C. Louis Leipoldt) endeavouring to tell a story in lyrical format. The British government, led by unscrupulous individuals such as Alfred Milner, confiscated the first edition (and shipped Hobhouse back to England at arrival in Cape Town) and thus these poignant poems can now be read in this country for the first time - 106 years after they were first printed in the British journal New Age. Although imperialism won both the known and this unknown war, the voices of these "dissidents" have finally reached our shores - and may help prevent similar undesirable happenings (territorial disputes, robbery of natural resources, impacting on freedom of speech, xenophobia, genocide, war crimes ... the list goes on). What the heroes of this book did, the inspiration they provide, is ammunition, no rather a kind of medication against such human maladies. And something that should bring decent people from all communities together in the knowledge that we can stand together against tyranny.
On the cover of the new edition is a photograph of a statue housed in the Louvre today - the "Winged Victory of Samothrace" of which Olive Schreiner said: "Did that old Greek sculptor (...) dream that after so many hundreds of years the thought that moved in him and worked in his hand would still have the power to move and to live in another mind! No picture has ever been to me what this is ... broken, defaced without head or arm - and yet so strong, moving on to victory!"

up


Information and texts by Francois Verster, 2010

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books


Find Afrikana and other books at bidorbuy.co.za