Photos from the launch of Ateljee van Glas
Praise for Passies en passasies [2007]
Marlise Joubert was born in Elim, Limpopo, grew up in Warmbaths [Bela Bela] and
attended Pretoria University. (BA Librarianship
and BA hons Philosophy)
After her studies she worked as a journalist and librarian and has also spend a
year in Utrecht, Netherlands and six years in Durban before moving to the Cape.
Marlise was a librarian at the Fine Arts Department of
Stellenbosch University from 1983 to 1999. She then worked at the Welgemoed
Primary School as head of the Media Centre until the end of March 2001. From
2002 she worked in the Protea Book Shop in Stellenbosch for four years.
Marlise is now a freelance writer and a painter. She is also the webmaster of Versindaba.co.za.
In 2001 she married the poet Louis Esterhuizen. They live in Stellenbosch. Marlise has two children, Pierre and Marcelle from
her first marriage.
Hobbies: Painting, writing, music, films, travel
A number of her poems and short stories have been published on the internet and
can be found at the websites of Meanderkrant, De gekooide Roos and LitNet.
Her poems have also been included in a number of anthologies, for example
Poskaarte, 1999, Groot Verseboek 2000, Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en
enkele gedigte (Gerrit Komrij) and Nuwe Verset.
Marlise Joubert also took part in the popular Bekgevegte / Poetry Slams at the
KKNK in Oudtshoorn, (in 1999 & 2000), as well as monthly poetry readings at the
Dorpstraat Teaterkafee and the yearly Woordfees in Stellenbosch. Together with her husband, she used to help organize the yearly Versindaba in Stellenbosch, a poetry festival in September for Afrikaans poets. Versindaba is now organized by Woordfees.
Een van Joubert se sterk punte was nog altyd haar verrassende beeldspraak...'n Belangrike tegniek van Joubert is die oënskynlik losse opstapeling van beelde en gegewens. Dit skep op sy beste 'n sterk poëtiese spanning en verrassings.
[ From the book review in Rapport (2002): Lyfsange wat die liefde besing by Wium van Zyl
Soos die bundeltitel aantoon, het ons hier met die passies van die vrou vir die man, vir wyn, vir woorde en vir kleure te make, maar ons het ook passasies oor andere se ervaring en verse oor deurgange na die Anderwêreld. Dis die wedervaringe (bl. 28) van iemand wat "naatloos teen haar beminde vas (draai)" om "saam met hom / in die koepel van arms / 'n vont (te word)." Dit is egter ook 'n skeppende vrou wat die stoepe skoonmaak, besorg is oor die veiligheid van haar gesin, vir hulle geskenke koop - of 'n vlatert maak.
Maar adem liefs selfs die aroma van die woorde in, want 'n resensie kan nie al die kleure en geure vrystel nie. Dit is 'n bundel wat jy met al jou sintuie wil lees, waardeer - en herlees.
[From the book review in Rapport [2007] by Marius Crous]Joubert verken die intens-vroulike ruimtes, dit wat Julia Kristeva as die chora (baarmoeder) van taal beskryf het.Sy gaan dikwels terug in 'n ruimte wat buite taal lê, maar sy vind telkens versoening en heling in haar gedigte. Byvoorbeeld, "tussen dooies is daar vrede / En gryswit stiltes in albasterkruik" dig sy in sjalom, Amichai (bl. 76). Hier maak sy dan ook vrede met pyn, ontnugtering, verliese. Hierdie bundel dra passies soos in hartstog en passasies soos in oorgange van een fase na 'n ander.
[From the book review in Volksblad [2008] by Joan Hambidge.]
kampusliefde
bliksemse Volvo-man met bliksemblou oë
wat my verweer knak oorrompelend
teen jou perfekte betoog vasgepen
strafreg as student toegepas
die maagdevlies as uitspraak in jou guns
'n jaar van skel en bars en breek totdat
ons albei weet die lyf wil die kop nie pas nie
ons soek na deug as skoonheid vergaan
ons soek na vrede en vertroue wat duur
ons soek mekaar vergeefs op afdraairoetes -
op die hoofweg lê jou Volvo omgegooi
en daarmee saam alles uitgekantel
(afwesig dop ek die studiejaar)
vry en vrywees was jou wetboek met ontbyt
waarom wou jy my dan met boeie dreig
toe ek met dieselfde wet verder wou reis
waarom wou jy skielik selfmoord pleeg
toe ek jou met breekgoed een vir een
my ganse lyf my murg uitsmyt
wat bly vandag is dié onthou:
hoe ek roekeloos
jou Volvo al hoe witter oor die paaie spoed
hoe mooi van warm staal
hoe reddeloos jou roede was
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer