Home   Alpabetical list of all authors   Afrikaans CV   Lys van boeke

Jaco ThomDs JD Thom
Ned Geref Gemeente Toringkerk
Du Toitstraat 7A
Paarl 7646
Tel./Fax. (021) 872-4565

Jaco Thom

Author of novels on the Bibel and other religious books
Minister of the NG Toring Church in Paarl

Jacobus Daniël Thom was born on 23 November, 1957, at Bedford, Eastern Cape. His father was also a minister of the NG Church and the family moved often. Jaco started school in Strand and then moved to Rietvlei, a mission station near Kokstad in Transkei. He matriculated at Outeniqua High School, George, in 1975 (Dux leerling).
From 1976 to 1982 he studied at Stellenbosch University (BA, BA hons in Greeks BTh, MTh in New Testament and Licentiate in Theology, all cum laude).
After university Jaco spent three years as Army chaplain. 1985: minister at the NG Monument Congregation in Bloemfontein

Jaco was married to Elmien van der Merwe in 1978. She is organist of the NG Toring Church community and a music teacher. They have three daughters: Matildie, Maryke en Elmientjie.

Awards:

1996: First prize, CUM en Afrikaans Stereo's writers competition for debut work: Die Vreemdeling
2000: CBSA Best Publication Award for fiction: Die hemelbodes
2002: CBSA 3rd prize for Die Goewerneur
2002: CBSA 2nd prize for Die Bybelroman
Books:

Die Vreemdeling, CUM, 1996
Die Bybelkoerant, Human & Rousseau, 1996
Die Tweede Bybelkoerant, 1997
Fyn luister na God, Carpe Diem, 1998
Jy is nou op gewyde grond, Bybelkor, 1998
Die Dromer, CUM, 1998
Voor ons gaan slaap (Co-author: Elmin Thom), Human & Rousseau, 1998
Batseba, Carpe Diem, 1999
Die hemelbodes, CUM, 1999
Jy kan God vertrou, Bybelkor, 1999
Briewe aan Maryna, CUM, 2000
Net genoeg wysheid vir vandag, Carpe Diem, 2000
Mans uit die Bybel, Carpe Diem, 2000
Noem my Mara (a serial story in the journal Finesse, 2000)
Dawid, CUM, 2000
Die Goewerneur, CUM, 2001
Die Here is altyd by jou, Bybelkor, 2001
Die Bybelroman, Carpe Diem, 2001
Deur alles is God aan die werk, Bybelkor, 2001
Ontdek God se plan vir jou lewe, CUM, 2002
Skaduvroue van die Bybel, Carpe Diem, 2002
Die Skrifgeleerde, CUM, 2002
Die toekoms in, CUM, 2002
Kies kos iets, Lux Verbi/ BM 2002
Die Bybelroman II, Carpe Diem, 2003
Die Bybel roman vir kinders
God se storie: Lees die Bybel as een verhaal van begin tot end (eBook)
Eva: Haar verhaal is dalk ook joune! (eBook), Carpe Diem Media
In Sy Voetspore: Die verhale van vier Bybelvroue: Lea, Batseba, Eva, Naomi (eBook)
Eva (eBook pdf)

up

CV: JACOBUS DANIEL THOM (JACO)Kinderdae
Ek is die 3e van 5 kinders (3 seuns en 2 dogters) van Kobus en Mary. My pa is 'n emeritus-predikant van die NG Kerk, die laaste 13 jaar voor sy emeritering Sendingsekretaris van die Wes-Kaapse sinode. In daardie jare het die predikante nog beroepe gekry; dus het ek as kind baie getrek. Ek is op 23 November 1957 in Bedford in die Oos-Kaap gebore, het in die Strand begin skoolgaan, en daarna het ons verhuis na Rietvlei, 'n Transkeise sendingstasie naby Kokstad. Toe het ons na George getrek, waar ek in die Hoërskool Outeniqua gematrikuleer het in 1975 (Dux leerling).

Naskoolse opleiding
Ek het aan die US gestudeer van 1976 tot 1982 en die volgende grade en diplomas verwerf, almal Cum Laude: BA (Admissie), BA (Hons) in Grieks, BTh, MTh in Nuwe Testament, en Lisensiaat in Teologie.
Ek het na my studies vir 2 jaar in die SAW as dienspligkapelaan gewerk, eers by die Kaapse Korps in Faure en daarna in De Brug buite Bloemfontein.

Bediening
Ek is in Februarie 1985 in die NG Gemeente Monument in Bloemfontein georden. Ek het in September 1991 na die NG Gemeente Toringkerk gekom, waar ek tans nog predikant is.

Huwelik & Gesin
Ek is in 1978 getroud met Elmien (gebore Van der Merwe), 'n musiekonderwyseres en orrelis. Sy kom van die Koue Bokkeveld en is 'n broerskind van Boerneef. Ons het drie dogters: Matildie (20), Maryke (15) en Elmientjie (12). Hulle aard gelukkig na hulle ma en is al drie hoogs begaafd en musikaal.

Persoonlik
As ek myself moet beskryf, sou ek sê ek is 'n gesinsmens. Ek hou nie daarvan om weg van die huis en my mense te wees nie. Ek het 'n passie vir die Bybel, en ek skryf veral om mense te help om die Bybel beter kan verstaan.

Skryfwerk
My skryfwerk het begin nadat ek 'n boek van Adriaan Snyman, Die Arkbouer, gelees het. Ek het besef dat ek met my teologiese opleiding 'n groot voorsprong het as dit by die skryf van Bybelse romans kom. My eerste poging was 'n roman oor Abraham se lewe, getiteld Die Vreemdeling. Ek het dit in 1993 voltooi, maar nadat dit deur twee uitgewers afgekeur is, het ek die manuskrip op die rak gebêre en iets anders probeer.
Só is Die Bybelkoerant gebore, 'n Bybelse dagboek waarin ek die Bybelse geskiedenis in koerantvorm oorgeskryf het. Dit is deur Human & Rousseau aanvaar en in April 1996 uitgegee. Daarna het 'n opvolg verskyn, Die Tweede Bybelkoerant (1997). Die Bybelkoerant is intussen in Engels vertaal met die titel The Bible Herald (1998).
Intussen het ek Die Vreemdeling ingeskryf vir CUM en Afrikaans Stereo se skrywerskompetisie (slegs ongepubliseerde manuskripte is vir dié kompetisie oorweeg). Die manuskrip het die eerste prys in die kategorie 'Beste Debuutwerk' verower, en is in Maart 1996 gepubliseer deur CUM, net 'n paar weke voordat Die Bybelkoerant verskyn het.

Lys van boeke:
Die Vreemdeling (CUM, 1996) - 'n roman oor die lewe van Abraham
Die Bybelkoerant (Human & Rousseau, 1996) - 'n Bybeldagboek in koerantvorm
Die Tweede Bybelkoerant (Human & Rousseau, 1997) - 'n opvolg op die Bybelkoerant
Fyn luister na God (Carpe Diem, 1998) - 'n Bybeldagboekie oor die lewe van Samuel
Jy is nou op gewyde grond (Bybelkor, 1998) - 'n Bybelstudiegids vir groepe oor Eksodus
Die Dromer (CUM, 1998) - 'n roman oor die lewe van Josef
Voor ons gaan slaap (Human & Rousseau, 1998) - 'n saamlees-praat-beplan-bidboek vir egpare, wat ek en my vrou Elmien saam geskryf het
Batseba (Carpe Diem, 1999) - 'n roman oor die verhouding tussen Batseba en koning Dawid
Die hemelbodes (CUM, 1999) - 'n roman oor die engele van skepping tot wederkoms. (Hierdie boek het in 2000 die CBSA Beste Publikasie Toekenning in die kategorie Fiksie gewen.)
Jy kan God vertrou (Bybelkor, 1999) - 'n Bybelstudiegids vir groepe oor Rut en Ester
Briewe aan Maryna (CUM, 2000) - 'n raadgeeboek vir tieners en ouers
Net genoeg wysheid vir vandag (Carpe Diem, 2000) - 'n Bybeldagboek oor Spreuke en Salomo se lewe
Mans uit die Bybel (Carpe Diem, 2000) - 'n oordenkingsboek vir mans oor karakters in die Bybel
Noem my Mara (in die tydskrif Finesse in 2000) - 'n vervolgverhaal oor Naomi en Rut
Dawid (CUM, 2000) - 'n roman oor die lewe van Dawid
Die Goewerneur (CUM, 2001) - 'n roman oor die lewe van Nehemia. (Hierdie boek het in 2002 by die CBSA in die kategorie Fiksie die derde plek verower.)
Die Here is altyd by jou (Bybelkor, 2001) - 'n Bybelstudiegids vir groepe oor die verhaal van Josef
Die Bybelroman (Carpe Diem, 2001) - die Bybelverhaal oorvertel in romanvorm. (Hierdie boek het in 2002 by die CBSA in die kategorie Fiksie die tweede plek verower.)
Deur alles is God aan die werk (Bybelkor, 2001) - 'n Bybelstudiegids vir groepe oor die lewe van Dawid
Ontdek God se plan vir jou lewe (CUM, 2002) - 'n Bybelstudiegids vir groepe oor vrouekarakters in die Bybel
Skaduvroue van die Bybel (Carpe Diem, 2002) - sketse oor vroue wat die pad byster geraak het
Die Skrifgeleerde (CUM, 2002) - 'n roman oor die lewe en werk van Esra
Die toekoms in (CUM, 2002) - 'n boekie vir tieners oor die Tien Gebooie
Kies kos iets (Lux Verbi/ BM 2002) - 'n gids vir kleingroepbyeenkomste
Die Bybelroman II (Carpe Diem, 2003) - die verhaal van die Nuwe Testamentiese kerk
Die Bybel roman vir kinders
God se storie: Lees die Bybel as een verhaal van begin tot end (eBook)
Eva: Haar verhaal is dalk ook joune! (eBook), Carpe Diem Media
Sample Terreblanche, In Sy Voetspore: Die verhale van vier Bybelvroue: Lea, Batseba, Eva, Naomi (eBook)
Eva (eBook pdf)

up

Information and Afrikaans CV by Jaco Thom, March 2003

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books


Find Afrikana and other books at bidorbuy.co.za