Dorpstreet
Photo by Willem Malherbe
Johannes Gert Hendrik Combrink was born on 2 May 1939, at Westdene near
Johannesburg. He matriculated from High School DF Malan in Johannesburg in
1955 and studied
languages (Afrikaans and Dutch, German and Sesotho) at the University of
Witwatersrand (BA 1958, BA
hons in Afrikaans-Dutch, both cum laude, 1959) and obtained a D Litt et Phil at
the Municipal University of Amsterdam, cum laude, in 1962. In 1966 he
received a PhD from the University of Pretoria, cum laude, with the thesis: Betekenis en Sintaksis.
Postdoctoral studies: Universities of London and Cambridge, University of
North Carolina, Catholic
University of Louvain, PJ Meertens Institute in Amsterdam and
University of Maryland.
Academic Career:
Temporary junior lecturer in Afrikaans and Dutch, University of the
Witwatersrand 1959-1960
Lecturer in Afrikaans and Dutch, University of Natal, Pietermaritzburg,
1963-1964
Senior lecturer in Afrikaans and Dutch, University of Natal, Durban, 1965 - 1970
Professor in General Linguistics, University of Port Elizabeth, 1971-1974. Head
of the Department
Professor in Afrikaans Linguistics, University of Stellenbosch, 1975 to 1995
Head of the Department for three periods of three years each
Together with his colleague, Johan Spies,
he contributed regularly to a newspaper column
on Afrikaans language and style: Ons Taalgereedskap and later: Taalskatkis.
He was Chairman of the Taalkommissie (Afrikaans Language Commission) of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) and it's Terminologiekomitee. He produced programmes on Afrikaans for broadcasting (Radiosondergrense) and TV (SAUK).
Following his retirement Johan Combrink was concerned with the Stigting vir Afrikaans and served as project leader of Vriende van Afrikaans, which he helped install. He was also a founding member of the South African
Translation Institute.
He enjoyed playing with words, gemstone cutting, calligraphy, philately and
meeting friends.
Johan Combrink's students gave him the nickname 'Deepthroat'. He was married
to Louise, a senior lecturer in Afrikaans and Didactics in the Faculty of
Education, Stellenbosch University and now chairman of Vriende van Afrikaans. They had three children: Herman, Freja and Wienand. Johan Combrink died on
25 July 1999, at Stellenbosch.
Johan Combrink was 'n moderne Afrikaanse taalreus van wie die bydraes en impak nog behoorlik beskryf moet word.
Karel Prinsloo
Afrikaanse Morfologie, 1990 Daar is 'n spreekwoord wat sê, Van Schaik, 1993 Sakboek van regte Afrikaans (Co-author: Johan Spies), Pharos 1994 Hoe om paragrawe te skryf, Tafelberg, 1995 Spreuke, wyshede en woordspelings, Van Schaik, 1995 | Retrograde woordeboek (co-author), Buro van die WAT, 1996 'n Kwartduisend spreuke, Quellerie, 1996 Die tweede kwartduisend spreuke, Quellerie, 1998 Kwinksinnig, Tafelberg, 1998 Afrikaanse etimologie (co-author), published after his death by WAT |
Deep Throat van Afrikaans Janus 1995 (not found in the Internet anymore)
Dink jy aan prof. Johan Gert Hendrik Combrink, sien jy altyd ook 'n pakkie Chesterfield sigarette; die alomteenwoordige glas op die lessenaar of in die hand; rollende klanke waarmee hy woorde uitstring. Sy liefde is die Afrikaanse taal. Sy gehoor is enigeen wat wil hoor. En maklik is dit ook, want, net soos hy altyd self verkondig, dié man kan "honderd persent kommunikeer, die eerste keer". Maryke Spijkerman het met hom gesels.
Johan Combrink is op 2 Mei 1939 gebore. En daarvandaan is sy lewensverhaal boeiend soos 'n lekker radiostorie, want sy lewenspad het op 'n vroeë ouderdom al 'n hele paar wye kronkels gegooi. "Ek is 'n Johannesburger, gebore en getoeë. Gebore in Westdene, Staffordstraat 32. Voor die ouderdom van vyf, het ek al 'n draai gegooi op Ladismith, Natal, en weer teruggekom. In een jaar was ek in vier skole. Uiteindelik beland ek in Laerskool Langlaagte-Hugenoot waar ek standerd vyf gemaak het. Toe is ek na die Hoërskool Crosby waar ek matriek in 1955 gemaak het."
As 'n mens so na sy boekrak kyk, sal jy nie glo dat hy sulke nederige wortels het nie. Die seun van 'n huurmotorbestuurder en 'n laerskoolonderwyseres het die smaak van swaarkry al te goed geken. "Geld was daar nie." Nog minder was daar intellektuele boeke op die rak - slegs die verhale van die Grimm broers, die Skatkis ensiklopedieë en 'n Websters woordeboek. Maar geen Afrikaanse boeke nie.
Die saadjie moes tog iewers geplant word. As die boekrak dit nie uitgeskiet het nie, wat dan anders? Sy ouers, natuurlik. "Ek wou geleerd wees, want my pa is ongeleerd, slegs met standerd vyf."
Sy pa het hom slaapplek gegee; kos gegee. Maar vir klas- en sakgeld moes hy maar self inspring. "Ek het my eerste lang vakansie vir die munisipaliteit in Johannesburg gewerk. Ek het gesorg dat ek elke keer goed genoeg werk sodat ek 'n volle beurs kon kry: die Union Scholarship wat my klasgelde betaal het. 'n Honderd pond - meer as drie maande se bruto salaris. Ek het die beurs vir vier jaar gekry, tot en met my Honneurs." Twee jaar se huurmotorbestuur het die geldjies verder gelap. Maar die klere situasie was éintlik die geneuk. Toe maak 'n boer 'n plan. Hy kry 'n werk by 'n klerewinkel en die byvoordele daaraan verbonde 'n welkome tien persent afslag.
In 1956 trap hy sy eerste werklike akademiese spore op die Wits kampus. "Ek kon nie na 'n ander universiteit gaan nie, want daar was nie geld vir 'n koshuis nie." Die vonkel in dié eerstejaar se oog was 'n loopbaan in die diplomatieke diens. "Ek het uitgevind watter vakke nodige was vir diplomatieke diens. Onder andere: Frans en Sielkunde. Maar die twee het op die rooster gebots. My keuse val toe op Frans spes en daar waai die diplomatieke diens."
Toe loop hy tale: Afrikaans, Duits, Frans en Sesotho. Afrikaans, juis omdat dit na 'n "soft option" gelyk het. Die volgende stap was dosering in Bantoetale, soos dit destyds genoem is. "Maar omdat die professor my stink behandel het, besluit ek toe daarteen." Soos hy sy vyfde sigaret aansteek, kleur hy die prentjie verder in. "My jaarpunt was 92 persent toe ek dié Maandag Sesotho moes skryf. Hoofvak, finale eksamen. Die Saterdag haal hulle my blindederm uit. En die Maandag gaan skryf ek eksamen. Ek kry toe 'n ses, maar ek het definitief die eksamens gedop."
In 1958 slaag hy sy B.A.-graad cum laude; in 1959 behaal hy 'n B.A. Honneursgraad in Afrikaans-Nederlands, cum laude.
Maar Combrink het 'n honger na kennis gehad. In 1962 behaal hy 'n doktorandus van die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam, cum laude. In 1966 is dit die Universiteit van Pretoria wat aan hom sy doktorsgraad toeken - ook cum laude.
"Ek het begin klasgee toe ek negentien jaar oud was. Ek geen nou 38 jaar lank klas. In 1959 het Van Wyk Louw my 'n "job" as tydelike junior lektor aan die Departement Afrikaans by Wits aangebied. Dieselfde jaar loop ek toe Honneurs. Die volgende jaar skryf ek in vir 'n Meestersgraad oor Afrikaanse Taalverenigings, maar ek het daai jaar loot geswaai en gevry." Op 10 Desember 1960 is hy met sy eerste vrou getroud.
Twee jaar later vind daar "'n bietjie van 'n gemors in my lewe plaas." Hy maak 'n draai in die skeihof. Maar kort daarna is hy met Louise, sy tweede vrou, getroud. En steeds sy vrou vir amper dertig jaar, verkondig hy trots.
Johan Combrink is 'n skepper. 'n Skepper van woorde, van idees, van veertien vakboeke, van een literêr-skeppende boek, van verskeie verenigings. Die volgende op die lys is die skepping van 'n koerant vir pas-geletterdes. Maar om dan weer ná 'n paar jaar te los, uit die nes te skop om self te vlieg.
Hy het in 1995 amptelik uit die akademiese lewe getree. Nou is hy grootliks betrokke by die Stigting vir Afrikaans as die hoof van Streekskakeling, en as Projekleier van Vriende van Afrikaans, en gee steeds Afrikaans vir joernalistiekstudente.
'n Laaste vraag: sou u 'n loopbaan in taal aanbeveel? "Ja, as jy genoeg liefde het daarvoor. Geld is daar nié. Ander voordele wel, soos reis.
"Moenie dink jy gaan pitte hê nie."
Maar ervaring volop - as uitdagings jou aandryf soos vir Combrink.