Home   Alpabetical list of all authors   Poem: Soewenier   Huldeblyk aan Rika Cilliers by Joan Hambidge

Rage, rage against the dying of the light
Click to enlarge
This painting,
Rage, rage against the dying of the light,
by Bertie du Plessis
inspired Rika Cilliers to
the poem Herkenning

Rika Cilliers

1951 - 1999

Rika Cilliers

Poet and author of 5 poetry books

HS (Rika) Cilliers studied Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University, where she obtained a BA and MA (1972 -1975).
Since 1975 she lectured at the Randse Afrikaanse University. She taught literature, Afrikaans as well as Dutch (also 17th century) and was an inspiring teacher. She also often addressed reading circles on particular works of Afrikaans literature.

Rika Cilliers was married to Mauritz Preller and they had a son, also Mauritz. On 27 April 1999 Rika died as a result of liver failure. She had been suffering from depression for a long time. At the time of her death she lived in Northcliff, Johannesburg.

Rika and Hermans  Rika's letter

Rika with the great Dutch author Willem Frederik Hermans (1926-1995) in March 1983 in Stellenbosch. She sent him this letter together with the 2 photos on this page.

Award:
Toon van den Heever Prize 1969

Books:

O. a. Debora, Tafelberg, 1977
Mammoet, 1984
Vlier, Tafelberg, 1990
Spirakel, Tafelberg, 1996
Opslag

* * *

Herkenning
The following translation (by Bertie du Plessis)
is an extract in Rika's fourth and last volume of poetry,
Spirakel (Spiracle), pp 57- 58, and refers to the
painting, titled "Rage, rage against the dying of the light"
by Bertie du Plessis, 1990 airbrush acrylic on canvas
80 cm by 120 cm. In the possession of Dr & Mrs BP Botha

'No Polaroid can equal your airbrush
in consummate shimmering...
the other flowers rage colour rich
uninhibited, violating
boundary and circumference;
meticulously blown up, but therefore
unrealistic: so smoothly executed
they shrill against textures of decay -
against so much mortal "flower-hood"

'And you, whom I recognise for a flower,
in this accidental encounter, making small talk,
inspire me to reciprocate, to paint
what is as yet outside the frame
but even so already encapsulated:

'first the iris flaps its wings, then withers,
thin veins lose their tensile strength
falter, unable to bear the flower's weight,
sap evaporates,
leaf after leaf curls back unto themselves
and dries into a cheroot
then, more tender than the very first bud,
praying mantis, with breath bated in a spiracle
morphs into a twig
settling on my palm.'

Soewenier

Haak my hart aan geen poskaart of almanak
van boerinne in versteende idilles
met kopdoek en voorskoot, geheup
om 'n oes van aartappels;
kersvers foto's van lig-
priemende katedrale
eeue oue verwisseling
van stillewes
(vermy o.m.: snuisterye, streelstowwe,
gesteentes, gekodeerde, geblikte,
gebottelde beloftes)
vir my wat rusteloos tussen einders
bly, bring van jou tog: die koors
en koelte van 'n vergeleë hemel
met brokke wolk en skadusleepsel;
die rowe van vergange winters
in ontsapte stamme, 'n deurskynblaar
se spartel aan die ontwykende lente
vol gefluisterde lewe in weeïge woude
wat kruin en vermolm, en, in mere,
water wat om vingers slib
Ook: iéts van die swart aarde wat gis
oor gekelderde lewe, ingegrys in
bewasemde vertrekke, broeiende
komberse en omhelsings
tot die filigraan van takke
sneeu aftik teen ng 'n ruit,
geluidloos smelt en net
forensiese duimdrukke
van liefde, grensloos
soos orals elders
verjaar in die stof
tussen pleister en stene
mag ek vra (om die klippe wat blind bly,
die voëls sonder naam, blom sonder kleur,
die vreemde sillabes wat sonder inhoud val
in die grys negatief van die verbeelding):
hoe ánders brand daardie vure?
hoe kil skyn elektriese lig ook dáár
op weerbarstige vel, hoe sag die raakvat
van vereelte hande? bly wondbaar ook
daardie monde? talm suur en stysel
op die tong, skroei konjak
die slukderm tot in die lende?
en jy, vervaarde vriend, wat reis-
brosjures rakel, met stem wat styg
oor soeweniers, vra roekeloos:
wat wil JY hê?
wat moet ek vir j bring?

up

1 Programgedig
Die swaels staan op trek:
die siele van dooies,
geluidloos vertrek hulle
van suid na noord,
vertikaal en glo hemelwaarts,
na 'n onbekende, ongekaarte plek,
'n regio waarvan die spiritiste sê
die dooies hul eie oordeel vel;
die selfmoordenaars en vermoordes
stadig, indien ooit, tot rus kom.
Heldersiendes kan hul oproep;
begenadigdes kan hul dolende siele
in ou afgeleefde huise voel
soos vasgekeerde swaels in 'n lughawegebou
fladderend, soekend na 'n laaste uitgang
verblind deur toegewasemde ruite
angstig oor die onbekende ruimte
hul vasvang en nie wil loslaat
op hierdie verpligte reis sonder paspoort
of geëndoseerde, spesiale visum,
handbagasie of swaar, oorvol tas.
Ook jong gevoeliges kan hulle sien:
dek selfs 'n ekstra plek aan tafel
vir die verbeelde, dolende maat;
'n gesant van die onbereikbare anderkant
troos 'n lydende in dié verband.
Mediums vertaal die o so graag-gehoorde
boodskap aan 'n skuldbelade familielid.
En ons? Die agtergeblewenes? Die roubeklaers?
Die erfgename van stil, onontsyferbare poskaarte?
Hul laat ons verward agter met saad
wat ons wou voer, met gedroogde krummels
van verwyt, van ek wou-nog-sê, regmaak:
afgesluit van dié geheimsinnige winterreis.

Joan Hambidge
from: Lykgedigte (Tafelberg, 2000).

  

I need more information, please contact me!

up


Thank you, Arno van der Valk, for the photos!

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books