Home   Alpabetical list of all authors   Webpage of the WAT   Samples from EWA

10 Anesta Street, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600
phone: 021-8873113 (w), 021-8801234 (h)
Fax: 021-8839492 (w)

Gerhard van Wyk

Gerhard van Wyk

Senior Co-Editor of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Editor of the Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) and of the Etimologiewoordeboek van Afrikaans Supplement, 2006

Gerhard van Wyk was born on 24 December 1968 in Klawer, Namaqualand. He attended school at the Middelbare Skool Klawer (1976-1984) and Hoërskool Vanrhynsdorp (1985-1987) and matriculated in 1987.
He studied at Stellenbosch University (BA (1988-1990), BA Hons, cum laude, 1991 and MA, cum laude, 1992-1994).

Work experience:
1988-1990: Vacation work at Die Burger.
1991-1993: Part time lecturer in the Department of Linguistics, University of Stellenbosch.
1994-2000: Co-editor of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Stellenbosch.
2001-present day: Senior Co-editor of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Stellenbosch.

Gerhard lives in Stellenbosch, is married to Hester, and has a daughter, Theresa, and a son, Reghard.

Hobbies: Music, photography, watching television, playing tennis, socialising with friends and family.
Favourite books: All Deon Meyer's books.
Favourite quote:
Something my father told me: "As daar iets goeds oor jouself te sê is, moet dit nie self sê nie. As iemand anders dit doen, het dit soveel meer waarde." (If there is something good to say about yourself, don't do it yourself. If others do it, it's worth so much more.)
The family
The family - click to enlarge

Samples from EWA

bankrot b.nw.
1. Insolvent. 2. Platsak. 3. Sonder geestelike krag.
Uit Ndl. bankroet (Mnl. bankerot) of D. bankerott.
Ndl. bankroet en D. bankerott uit Fr. banquerotte uit It. banca rotta"gebreekte bank", saamgestel uit banca "tafel van geldhandelaar" en rotta, verlede dw. van rompere "breek", so genoem vanweë die gewoonte van die It. geldskieters in die Middeleeue om in It. stede die toonbanke van handelaars wat nie hulle verpligtinge nagekom het nie, stukkend te slaan.

fliek s.nw., ww.
Bioskoop, of bioskoop toe gaan.
As s.nw. uit Australiese Eng. flick (1926). Die ww. het in Afr. self ontwikkel.
Eng. flick "bioskoop" uit the flickers "rolprente", so genoem vanweë die flikkerende ligte tydens 'n rolprentvertoning. Vanuit Afr. in S.A.Eng. (1982).

kos-my-niks s.nw.
Skoonheidsmiddels.
Deur volksetimologie ontstaan uit Eng. cosmetics (1650).

lawaaiwater s.nw. (skertsend)
Sterk drank, veral brandewyn.
Samestelling van lawaai en water, so genoem omdat 'n persoon wat hom aan sterk drank vergryp, geneig is om lawaaierig te raak.

sardonies b.nw. (t.o.v. lag)
Bitter, sinies, boosaardig, grynsend of spottend.
Uit Eng. sardonic (1638) of Fr. sardonique (16de eeu).
Eng. sardonic en Fr. sardonique via Latyn Sardonius risus "Sardiniese lag" uit Grieks Sardanios gelos "bitter lag" n.a.v. 'n giftige renonkel van die eiland Sardinië. As dit geëet word, verwring die gesigspiere, waarna die dood volg.

sepie s.nw.
Langdurende dramareeks vir radio of televisie wat die lewensverhaal van 'n groep karakters opsetlik sentimenteel en melodramaties uitbeeld.
Afleiding met -ie van seep, as leenvertaling van Eng. soapie (1964).
Eng. soapie is 'n afleiding met -ie van soap, 'n verkorting van soap opera, so genoem omdat dié tipe reekse vroeër dikw. deur seepmaatskappye in die Verenigde State van Amerika geborg is.
Eng. soap opera kom ook voor in Ndl. soap opera (ná 1950).

witvoetjiesoeker s.nw.
Iemand wat die guns van 'n ander probeer wen deur hom te vlei.
Samestellende afleiding met -er van witvoetjie en soek, wsk. so genoem n.a.v. die inwoners van Aalst wat reeds in die 16de eeu as "witvoete" bekend gestaan het omdat hulle, as beloning vir hul ewige trou aan die graaf van Vlaandere, nie tolgeld hoef te betaal het nie. Volgens Boshoff - Nienaber (1967) is die Ndl. uitdr. een wit voetje hebben bij iemand reeds sedert die 16de eeu bekend n.a.v. die gebruik om geen tolgeld vir perde met wit pote te vra nie.


Information by Gerhard van Wyk, December 2003/06

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

      Publisher of special editions Books


Find Afrikana and other books at bidorbuy.co.za