Entrance to Uitkyk Manor Photo by Willem Malherbe - click for enlargement | J. C. Kannemeyer1939 - 2011 |
In 1993, John Kannemeyer, with Wium van Zyl, began to organize literary tours, which enjoyed a high demand.
At the time of his death on 25 December 2011, J. C. Kannemeyer had just completed the biography JM Coetzee - 'n Geskryfde lewe, Jonathan Ball, 2011.
The biography was translated into English by Michiel Heyns: J M Coetzee: a Life in Writing, Jonathan Ball, 2011 (JM Coetzee: A life in writing).
"As an expert in the field of Afrikaans literature, John Christoffel Kannemeyer, an alumnus of Stellenbosch University, is in a unique position as researcher, writer and an expert in editing and textual studies....John Kannemeyer can rightly be described as one of the most erudite, authoritative, influential and productive littérateurs in the history of Afrikaans, one whose virtually inimitable contribution has been noticed widely and regarded highly." SU news
Prosakuns ('n inleiding tot die tegniek van die prosa), Nasou, 1968 Op weg na Welgevonden (on Etienne Leroux), Academica, 1970 Nederduitse digkuns (anthology), Academica, 1973 Kraaines, Human & Rousseau Arbeidsgenot: 'n Besoekersgids, Arbeidsgenot, 1995 Ek ken jou goed genoeg> - Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939, Protea Boekhuis, 2005 and Briewe Van W.E.G. En N.P. Van Wyk Louw 1941-1970, Hemel & see, 2011 Die volledige versamelde gedigte van Eugène N. Marais, (compiler), 2005 Briewe van Peter Blum, (Geredigeer en ingelei deur J C Kannemeyer), 2009
| Literary essays: Opstelle oor die Afrikaanse drama, Academica, 1970 Konfrontasies, Academica, 1977 Getuigskrifte, Jutalit, 1989 Die bevestigende vlam, Jutalit, 1990 Ontsyferde stene, Inset, 1996 Uit puur verstrooiing, 2007 Biographies: |
John Christoffel Kannemeyer is op 31 Maart 1939 op Robertson in die Wes-Kaap gebore. Ná voltooiing van sy
skoolloopbaan op sy tuisdorp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch
waar hy in 1964 die graad D.Litt. onder promotorskap van prof. D J Opperman
behaal met ’n studie oor Die stem in die literêre kunswerk (1965).
In 1962 word hy aangestel as lektor in Afrikaans en Nederlands aan die
Universiteit van Kaapstad, en daarna doseer hy agtereenvolgens aan die Randse
Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Stellenbosch.
In die periode 1982-1987 is hy hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die
Universiteit van die Witwatersrand. Daarna is hy senior navorsingspesialis by
die R.G.N. in Pretoria.
Sedert September 1992 het hy weer op Stellenbosch gewoon waar hy voltyds navorsing gedoen en as vryskut gewerk het. By herhaling bring hy studiebesoeke aan universiteite
in Nijmegen, Amsterdam en Leuven en doseer hy oor die Afrikaanse letterkunde.
In die jare 1976-1983 behartig hy die redaksie-sekretariaat van die
letterkundige tydskrif Standpunte. Saam met Wium van Zyl organiseer hy, as neweproduk van sy biografiese
ondersoeke, vanaf 1993 literêre reise op die voetspoer van bekende skrywers. Hy
is lid van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde.
Naas sy doktorale proefskrif publiseer dr. Kannemeyer onder meer ’n inleiding tot die tegniek van die prosa (Prosakuns, 1969), ’n beskouing oor Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins (Op weg na Welgevonden, 1970), 'n bloemlesing met kommentaar uit die sewentiende- eeuse Nederlandse poësie (Nederduitse digkuns, 1973), ses bundels kritiese opstelle (Opstelle oor die Afrikaanse drama, 1970, Konfrontasies, 1977 Getuigskrifte, 1989, Die bevestigende vlam, 1990, Ontsyferde stene, 1996), Op weg na 2000, 1998 en ’n studie van Die dokumente van Dertig (1990). In Figuur en fluit (1992) en Die gespitste binneblik (1995) ondersoek hy die kunsopvattinge van D.J. Opperman, Martinus Nijhoff en Elisabeth Eybers. Verder redigeer hy werke van Uys Krige, D.J. Opperman, Eybers, Leroux en Kees Konyn en stel hy die versamelde gedigte van C. Louis Leipoldt en Krige saam. Hy publiseer ook ’n Afrikaanse poësiegids (Verse vir die vraestel, 1998) vir gebruik op hoër skole. Hy skryf ook die teks van sy en Wium van Zyl se Kaap van skrywers, 2000.
Kannemeyer is egter veral bekend as literatuurgeskiedskrywer en biograaf. As
historikus publiseer hy ’n tweedelige Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur (1978 en 1983), Die Afrikaanse literatuur 1652-1987 (1988) waarby Op weg na 2000 (1998) aansluit en A history of Afrikaans literature (1993). Op die gebied van die biografie lewer hy D.J. Opperman (1986) en Wat het geword van Peter Blum? (1993), Langenhoven: 'n Lewe, (1995) en Leipoldt: 'n Lewensverhaal, (1999). By eersgenoemde werk sluit aan die Die bonkige Zoeloelander (1994), Opperman se lewe in beeld; by Langenhoven: 'n Lewe Die dienswillige dienaar (1995), ’n Langenhoven-fotoboek en Arbeidsgenot: 'n Besoekersgids (1995); en by Leipoldt: ’n Lewensverhaal Uit die skatkis van die slampamperman: 'n Leipoldt-omnibus, (1999) en So blomtuin-vol van kleure: Leipoldt oor Clanwilliam (1999)); By Die goue seun Uit die skatkis van die goue seun en Die naamlose muse (albei 2002).
Jan Rabie: 'n Biografie,Tafelberg, 2004
Vir Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I ontvang Kannemeyer in 1979 die Recht Malanprys, vir D.J. Opperman in 1987 die Ou Mutualprys vir Nie-Fiksie en vir sy werk as letterkundige in 1988 die Gustav Prellerprys vir Literêre Kritiek. Hy ontvang weer in 1996 en in 2000 die Recht Malanprys vir sy biografieë oor Langenhoven en Leipoldt onderskeidelik. Sy Leipoldt-biografie word in 2000 met die Helgaard Steyn-toekenning bekroon. Vir 'n opstel oor "Uys Krige en die Suid-Afrikaanse politiek" ontvang hy die C. Louis Leipoldt-prijs van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. In 2003 ontvang hy die N.P. van Wyk Louw-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer