1956 - 2011
Friedrich Paul Cilliers was born on 25 December 1956 in Vereeneging.He attended school in Germiston and studied at Stellenbosch University and at Unisa.
Paul Cilliers had a degree in Electrical Engineering and a Ph.D. in Philosophy. He worked as a research engineer for over a decade, specializing in computer
modelling and pattern recognition using neural networks. After completing his
doctorate (supervised by Johan Degenaar of Stellenbosch and Mary Hesse of
Cambridge), he was appointed to the Philosophy Department of Stellenbosch
University. He teaches mainly cultural philosophy and deconstruction, as well
as giving courses in the philosophy and ethics of science.
His research focussed on the implications of complexity theory for Stellenbosch.
Along with Professor Jannie Hofmeyr of the Biochemistry Department, Cilliers was joint project leader of SU's Centre for Studies in Complexity. This interdisciplinary initiative forms part of SU's HOPE Project, a university-wide programme through which the institution is tackling major challenges in society.
Paul gave film presentations and opened art exhibitions.
On his sudden death on 31 July 2011, he left behind his wife Sandra and their children, Ilana and Cornel.
Hobbies: Music, literature, cooking, art and cinema
Photos of the opening of an art exhibition at Dorp Street Gallery
In Complexity and Postmodernism he introduces complexity theory from a philosophical perspective, and argues for certain similarities between complexity and the post-structural positions of Derrida and Lyotard. The aim of this comparison is to tone down some of the exaggerated claims made in the name of Derrida and others, and also to show that complex problems will not be solved by general, analytic and abstract means.
Photo found at SU nuus, 4 JULY 2011
Friedrich Paul Cilliers is in 1956 in Vereeniging gebore en word groot in 'n
sendingpastorie in Germiston. Hy oorleef skool deur te lees en musiek te
luister. Aanlegtoetse wat deur die skool afgeneem word dui aan dat hy Filosofie
moet studeer, maar aangesien sy onderwysers nie weet wat Filosofie is nie, raai
hulle hom aan om Ingenieurswese te doen. Natuurlik is beurse op hierdie front
ook effe makliker bekombaar, en dus arriveer hy in 1975 op Stellenbosch om
Elektroniese Ingenieurswese te studeer.
Op Stellenbosch oorleef hy die koshuislewe deur te lees en musiek te luister.
Ingenieurswese hou hom taamlik besig, maar hy kry tyd om subredakteur: kuns van
Die Matie te wees, bietjie kreatief te skryf en heelwat musiek te speel (hy
speel Franse Horing). Hoewel hy eintlik van musiek sy lewe wil maak, behaal hy
eventueel die graad B Ing (Elektronies). Ten tye van sy studies begin hy
uitvind wat Filosofie is, onder andere as gevolg van 'n vriendskap met Willie
van der Merwe wat hom aanmoedig om in te skakel by Prof Johan Degenaar se
estetika-klasse. Hy is verbaas om agter te kom dat sy skool oor iets reg was.
Na sy studies toer hy met 'n rugsak deur Europa vir 'n paar maande, en ontmoet
sy vrou, Sandra. By sy terugkoms wag twee jaar se militêre diensplig. Hy
oorleef dit hoofsaaklik deur te lees en musiek te luister, maar gelukkig is hy
nou ook getroud. Die filosofie-ding spook by hom, maar behalwe die diensplig is
daar nog 'n beurs om terug te werk. As deel van wat duidelik 'n langtermynplan
sal moet wees begin hy met 'n BA graad deur Unisa. Nadat hy Filosofie tot op
derdejaarsvlak gedoen het, loop hy een aand vir Johan Degenaar by die Baxter
raak wat hom aanmoedig om 'n Honneursgraad te doen.
Intussen woon hy in Vishoek en werk as navorsingsingenieur by die Instituut vir
Maritieme Tegnologie. Sy studieveld behels patroonherkenning en
rekenaarmodellering. Hy is stigterslid van die South African Pattern
Recognition Workshop, en is van die eerste mense in die land wat probleme oplos
met behulp van "neurale netwerke". Hy geniet dit nogal, maar die filosofie-ding
gaan nie weg nie. Johan Degenaar bel hom een aand, en bied aan om sy
honneurskursus na-ure aan te bied sodat iemand wat werk dit kan bywoon. Hiermee
was die koeël waarskynlik deur die kerk. Toe sy vrou in dieselfde tyd swanger
word (iets waarby hy ten volle betrokke was) besluit hulle om Stellenbosch toe
te trek. Van toe af werk hy bedags (wat daagliks twee ure op die pad insluit)
en studeer saans Filosofie. Intussen help hy kinders groot maak. Hy doen
Honneurs met een baba in die huis, en 'n MA en 'n D Phil met twee. Daar is nou
baie minder tyd vir lees en musiek luister.
Die Ingenieurswese en die Filosofie is minder in spanning met mekaar as wat
mens sou verwag. Hy doen 'n MA waarin hy Saussure, Freud en Derrida in verband
bring met modelle van die brein, en 'n D Phil (onder Johan Degenaar en Mary
Hesse van Cambridge) waarin die eienskappe van komplekse sisteme ondersoek word
en aangetoon word dat dekonstruksie grootliks tot hierdie ondersoek kan bydra.
Kompleksiteitsteorie word sy spesialisveld, en die proefskrif word later
verwerk in die boek Complexity and Postmodernism (Routledge 1998). Dit is 'n
tydige publikasie wat, veral vir die uitgewers, heel goed gedoen het.
Nadat hy sy doktersgraad behaal in 1994 (veertien jaar nadat hy vir die eerste
keer formeel begin Filosofie studeer het) word hy aangestel as lektor in die
Departement Filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy gee klas in
dekonstruksie, kultuurfilosofie, wetenskapsfilosofie en etiek. Aangesien daar
heelwat belangstelling in kompleksitiet is, reis hy heelwat, en werk ook vir
tye in Boston, Marburg en Amsterdam. Mettertyd het hy die voorreg om nagraadse
studie te begelei, en dit begin vir hom voel asof hy iets doen wat die moeite
werd is. Hy resenseer ook boeke, en analiseer films – 'n tradisie wat Johan
Degenaar begin het.
Hy kook graag (veral Oosterse kos), en kry baie plesier daaruit om dit met sy
familie en vriende te deel. As hy die geringste kans kry, lees hy en luister
musiek.
Text by Paul Cilliers
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer