Home   Alpabetical list of all authors   Poems: koningin van die valleie  lied van die grasringetjie   Afrikaans CV

Morkel House
Morkel House
Drawing by Hannes Meiring
Analisé Carstens
4 Morkel Huis Museum
Ryneveld Street
Stellenbosch 7600
Tel: (H) 887 6782; (W) 900 7025; (Fax) 903 2149

Analisé Carstens

Poet and author of three poetry collections and an autobiographical love story

Anna Elizabeth Carstens was born on the family farm in the Piketberg district. She attended Hugenot High School in Wellington. She obtained a BA Degree with Afrikaans - Nederlands and German as well as a Secondary Teacher's Diploma at Stellenbosch University. Analisé studied poetry under prof. D.J. Opperman.
She started a teaching career with the Cape Education Department and has taught at the Drakensberg Boys Choir School and directed a variety of Musical and Drama productions.
Some of her poetry is included in anthologies, amongst which: Gerrit Komrij, De Afrikaanse poëzie in 'n 1000 en enige gedichten. A number of her poems from om te onthou have been set to music.
Analisé is currently in service of the Western Cape Education Department.

Hobbies: Reading, especially poetry in Afrikaans, English, Dutch and German; music, singing, theatre and riding
Favourite verse of Willem Kloos's poem:
Ik ween om bloemen in den knop gebroken
En vóór den uchtend van haar bloei vergaan
Ik ween om liefde, die niet is ontloken
En om mijn harte dat niet werd verstaan

Books:

Poetry:
Skanse, John Malherbe, 1982
Om te onthou, 2000
Djy's bakgat afgepleiste, 2000

Autobiography: Sonseisoene in die Drakensberge, Ancor, 2000

* * *
koningin van die valleie

o Stellenbosch my groen vallei
my hart sal altyd in jou berge bly

ek sien jou bome grasgroen pryk
en botselbloeisels waar jy kyk

tradisietrots lê vas in jou
waar jonges nuwe stene bou

oeroue eikebome rankend boog
die Laan 'n salwing vir die oog

jou wingerd gee die soetste druif
die Pieke persblou as sy mantel skuif

geen son kan skitter soos oor jou
geen lug so suiwer blouste blou

hoe eg ervaar jy elke skoon seisoen
jou geure jasmyn sering wyn en lemoen

jou somers manjifiek jou winters wild
jou lente 'n triomf jou herfs so mild

my lewe lank wil ek jou skugter duiwe voer
want Stellenbosch niks niks kan my meer
as jy ontroer

lied van die grasringetjie

jy ryg jou liefde vir my in 'n ring
van Oukraalsvlei se sprietjies gras
en in die armband se dofgroen kring
vleg jy ons twee se harte vas

die kunstige gevlegde kroon van gras
omsluit dit tot 'n klein stillewe vas


Gebore op die familieplaas in die distrik van Piketberg. Skoolloopbaan: Hugenote Hoërskool Wellington. Behaal die B.A. Graad met Afrikaans - Nederlands en Duits en die Sekondêre Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Studeer poësie onder prof. D.J. Opperman.

Begin onderwysloopbaan in die Kaapse Onderwysdepartement en was onder meer verbonde aan die Drakensberg Seunskoor Skool en was regisseur van verskeie musiekuitvoerings en toneelopvoerings.
Tans verbonde aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Stokperdjies: Lees, veral gedigte in Afrikaans, Nederlands en Duits, musiek, sang, teater en perdry.

Enkele gedigte is opgeneem in bloemlesings, o.m. Gerrit Komrij : De Afrikaanse poëzie in 'n 1000 en enige gedichten. Heelwat gedigte uit om te onthou is reeds getoonset.


Text by Analisé Carstens, September 2003

R - Design, The WebmasterWebmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer

     Publisher of special editions Books